Klein Bederf - Nicolene

Klein Bederf - Nicolene

Share

Net die beste, NATUURLIK! Klein het 'n bederf vir groot en klein.. van kop tot tot toon!

Hier by Klein Bederf word die seep, badsout, lyfbotter en ander bederf produkte elke dag vars gemaak.

10/05/2026

Photos from Klein Bederf - Nicolene's post 10/05/2026

Red Door… J’adore… of dalk haar kookkos…

Vir my is ’n mamma so baie dinge… maar een van my gunstelinge is die “geur” van elke mamma…

Hoe jou mamma ruik, of met watter geur sy die kamers van die huis vul, is ’n onthou wat diep gaan lê en gereeld ou herinneringe oopvou.

Een van mý gunstelinggeure — en een wat ek graag in ons eie huis het, veral in die winter — is die geur van sitrus en spesery…

Soms braai ek dit op die stoof of vuur, selfs langs die kaggel… maar meestal vat ek kortpad en gebruik ek ons essensiële olies om hiérdie geur te kry.

Die perfekte balans tussen vars en warm…

Ek wil graag weet wat JOU gunsteling moeder-geur is… of dit ’n onthou-geur is, en of dit JOU gunsteling is as mamma van jou huis.

Wat daardie geur ook al mag wees, mag jou huis daarmee gevul wees — dit is my wens… en ook dat jy weet hoe baie jou kroos jou koester… Jy is geliefd, Mamma-mens!

Geniet jou Moedersdag 🧡💛
-Chané

28/04/2026
Photos from Klein Bederf - Nicolene's post 02/04/2026

SJAMPANJE-ROOS

ñ Sagte, romantiese geur wat tegelyk blom en borrel. Dit is verfynd, vroulik en ongelooflik stylvol - perfek vir iemand wat van iets lig & elegant hou 🩷

Sjampanje-Roos is slegs beskikbaar in uitgesoekte produkte en oók net vir April-maand.

Photos from Klein Bederf - Nicolene's post 01/04/2026

Hello April 🩷

April fluister sag…
van oggende wat stadig begin...
van oomblikke net vir jouself...
van die skoonheid van vrou-wees.

Ons April brosjure vier vroulikheid in sy mooiste vorm – met die sprankelende elegansie van Sjampanje-Roos
en die sagte, troosvolle geur van Lietsjie, Roos & Rooibos.

Laat jouself wegraak in geure wat jou laat blom, van binne en buite 🌸

https://kleinsewinkel.co.za/produk-kategorie/maandbrosjure/agent/322/

Photos from Klein Bederf - Nicolene's post 30/03/2026

KLAPPERMELK IN DIE KOLLIG

Ons gee hierdie week die kroon aan KLAPPERMELK - SAG, ROMERIG & TROPIES.

Klappermelk is ideaal vir mense wat lief is vir sagte, romerige geure wat nie te soet of te sterk is nie. Geskik vir die hele gesin.

https://kleinsewinkel.co.za/?s=Klapper&post_type=product/agent/322/

Photos from Klein Bederf - Nicolene's post 27/03/2026

VELSORG VRYDAG

Klein se Gesigskuim maak skoon sonder om jou vel uit te droog en is ideaal vir elke dag – selfs vir ñ sensitiewe vel.

Dit help om rooiheid en inflammasie te verminder, bevorder genesing en hou jou vel se natuurlike vogbalans mooi in plek. Geskik vir alle veltipes en die hele familie.

As jy ’n reiniger soek wat jou vel vars laat voel sonder enige skadelike chemikalieë, is Klein se GesigSkuim die antwoord.

🌿 Gebruik soggens en saans
🌿 Ligte sirkelbewegings vir ’n sagte, deeglike was
🌿 Perfek vir jou daaglikse velsorgroetine

https://kleinsewinkel.co.za/produk/gesigwas-100ml-gesigskuim/agent/322/

31/12/2025

Seën en voorspoed vir hierdie nuwe hoofstuk van 365 bladsye!

Mag Jesus elke treë saam met ons elkeen wees en mag Sy goedheid en guns oral saam met ons gaan.

Liefde.

Photos from Klein Bederf - Nicolene's post 31/12/2025

Desember is vir stadiger dae, son op jou vel en oomblikke waar jy weer asemhaal. Dis ook die tyd wanneer jou vel ekstra sorg nodig het ná hitte, soutwater, swem en lang dae buite.

Klein se ROOIBOS REDDING is daardie sagte, betroubare bederf wat jy hierdie vakansie byderhand wil hê. Verryk met rooibos, bekend vir sy kalmerende eienskappe, help dit om droë, sensitiewe en son-moeë vel weer gemaklik te laat voel. Nie swaar nie, nie oorweldigend nie. Net voedend, versagtend en troosend.

Perfek vir ná ’n dag by die strand, langs die swembad of net wanneer jou vel vra vir iets sag en eenvoudig. ’n Produk vir die hele gesin en vir elke dag van die vakansie...

Bestel al jou gunsteling produkte hier:
https://kleinsewinkel.co.za/agent/322/

Want your business to be the top-listed Beauty Salon in Pretoria North?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Telephone

Website

Address

Pretoria North
Pretoria North
0182