Smak Cosmetics & Beauty

Smak Cosmetics & Beauty

Share

At SMAK BEAUTY CLINIC, elegance meets expertise.

With over 33 years in the beauty industry, we specialize in nail services, permanent makeup, and advanced facial treatments, all designed to enhance your natural beauty with precision and care.............

02/07/2026
11/06/2026

Nee, ons het nie Covid nie. Die maskers oor ons monde is nie vir ’n virus nie. Dis vir iets veel erger: die gif wat sommige mense met hulle woorde versprei.
Maar vandag gaan hierdie plasing nie net oor ons nie.
Vandag gaan dit oor Irene Louise van Wyk, en oor duisende ander vroue wat elke dag aangeval, verneder en afgebreek word oor hulle gewig, hulle voorkoms, hulle ouderdom, hulle liggame,besighede en bloot omdat hulle bestaan.
Ek verstaan nie hoe ’n mens na iemand kan kyk en besluit dat jou woorde die reg het om hulle seer te maak nie.
Waar het ons menslikheid verlore geraak?
Hoe het volwassenes, wat self kinders grootmaak, op ’n plek gekom waar hulle d**k dit is aanvaarbaar om iemand anders se selfbeeld te vernietig?
Want dit is wat boeliegedrag doen.
Dit breek af.
Dit laat twyfel.
Dit laat mense huil wanneer niemand kyk nie.
Dit laat mense wonder of hulle goed genoeg is.
Julle sien dalk net ’n kommentaar. Maar die persoon aan die ander kant voel elke woord.
Voor jy weer iemand kritiseer oor hulle gewig, voorkoms of lewe, vra jouself: Is dit die voorbeeld wat jy vir jou kinders wil wees? Is dit die nalatenskap wat jy wil los?
Want kinders leer nie net uit wat ons sê nie. Hulle leer uit wat ons doen.
En as ons vir hulle wys dat dit aanvaarbaar is om ander af te breek, dan bou ons ’n wêreld waarin niemand veilig voel om hulself te wees nie.
Vandag staan ons op teen boelies.
Nie net vir onsself nie.
Vir Irene.
Vir elke vrou wat al gehuil het oor wrede woorde.
Vir elke mens wat al gevoel het hulle is nie goed genoeg nie.
Vir elkeen wat stilbly omdat hulle moeg is om aangeval te word.
Jou woorde het krag.
Gebruik dit om op te bou, nie om af te breek nie.
Want ware skoonheid lê nie in ’n liggaam, ’n gewig of ’n gesig nie.
Ware skoonheid lê in karakter.
En geen mens word groter deur iemand anders kleiner te maak nie.
ONS sal nie stilbly wanneer mense geboelie word nie. ONS sal opstaan. Elke keer.

Photos from Smak Cosmetics & Beauty's post 07/06/2026
Want your business to be the top-listed Beauty Salon in Rustenburg?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Telephone

Website

Address

154 K**k Street
Rustenburg
2999

Opening Hours

Monday 07:00 - 19:00
Tuesday 07:00 - 19:00
Wednesday 07:00 - 19:00
Thursday 07:00 - 19:00
Friday 07:00 - 19:00
Saturday 07:00 - 17:00