Klein Bederf Somerset-Wes

Klein Bederf Somerset-Wes

Share

Ons gebruik natuurlike olies en basisse om gesonde en gelukkige velle te verseker. By Klein word alle produkte VARS gemaak, elke dag.

Die LIEFDE waarmee elke Klein produk gemaak word en elke pakkie opgemaak word is duidelik sigbaar! Ons pluk en pars die Rose, oes en rol die Laventel, versap die Komkommer, rasper die Lemoen en trek die Rooibos tot die perfekte geur en kleur. Die liefde waarmee elke Klein produk gemaak word en elke pakkie opgemaak word is duidelik sigbaar en daar is niks lekkerder as om goeie terugvoering van ons

07/07/2021

GEUR VAN DIE WEEK - Sitroengras & Suikerriet

Alhoewel Sitroengras (ook beter bekend as "Lemongrass") beskou word as 'n nuwer essensiële olie, in vergelyking met antieke olies soos laventel of peppermint, word dit steeds beskou as een van die tien beste olies wat vandag op die mark is, danksy die lang lys gebruik en eienskappe.

HET JY GEWEET?
Sitroengras (Lemongrass) is 'n algemene naam vir spa's en terapiesentrums vanweë die gepaardgaande kalmerende eienskappe.

02/07/2021

Vandag se Geur van die Week is een vir die manne. Klein se OLIEKOLONIE!

Ons Oliekolonie kom ook in 'n wye verskeidenheid van produkte.
Kontak ons gerus vir n volledige katalogus.

0823438353
[email protected]

Photos from Klein Bederf Somerset-Wes's post 07/06/2021

FATHERS DAY
Unique gift sets for dad!
Special sets for dads with beards & Mustaches!

Orders close 11 June 2021 at 17:00.

Photos from Klein Bederf Somerset-Wes's post 31/05/2021

KLEINTJIES is KLEIN se kinder reeks en 'n groot bederf vir klein lyfies!

Alle produkte word gemaak van natuurlike olies en basisse en is vry van enige skadelike produkte, perfek vir jong velletjies!

Dit kom in:
Lyfwas
Lyfroom
Lyfbotter
Bad Borrel B***e..en meer!

Kontak ons om jou bestelling te plaas!
082 343 8353
[email protected]

Photos from Klein Bederf Somerset-Wes's post 27/05/2021

Our most popular products:
ROOIBOS REDDING
Due to it's anti-inflammatory properties this is an excellent product for eczema, diaper rash, sun burn etc.

GOATS MILK
Our BOKMELK range smells divine and it's the perfect gift for a baby shower or someone special.

KIDS RANGE
We have an exciting new kids range, see some Photos below!

All our products are made from natural oils and bases and is save to use on sensitive skins.

Contact us for a full catalogue or to place your order.

082 343 8353
[email protected]

Photos from Klein Bederf Somerset-Wes's post 23/05/2021

K L E I N T J I E S
I S H I E R!

Ons Kinderreeks se splinternuwe baadjie is spesiaal ontwerp deur 2 baie spesiale vriendinne van Klein!

Elke geur in die KLEINTJIES reeks is nou ‘n karaktertjie met ‘n naam en persoonlikheid...

HIERDIE IS MAAR NET DIE BEGIN... Ons het baie groot planne en drome vir elke KLEINTJIE... ook dié wat hierdie produkte gaan gebruik!

“Die mense het klein kindertjies na Jesus toe gebring dat Hy hulle die hande moet oplê en vir hulle moet bid. Sy dissipels het met hulle daaroor geraas. Maar Jesus het gesê: “Laat staan die kindertjies en moet hulle nie verhinder om na My toe te kom nie, want die koninkryk van die hemel is juis vir mense soos hulle.” Matteus 19:13-14

Jy kan ook vir jou KLEIN-ding ons gratis Klein INKLEURBOEK hier aflaai 👇🏼👇🏼
https://www.kleinbederf.co.za/wp-content/uploads/2021/05/Inkleurboek.pdf

Photos from Klein Bederf Somerset-Wes's post 20/05/2021

ROOIBOS REDDING!
Sukkel jy met wintershande & wintersvoete?
Het jy dalk gebarsdae hakke, ekseem of sonbrand?
Rooibos Redding is beslis die produk vir JOU!!

Beskikbaar in:
Lyfwas (300ml)
Lyfroom (300ml)
Lyfbotter (150g)
Lyfbotter (300g)

Kontak ons gerus vir die volledige katalogus.
[email protected]
082 343 8353

Photos from Klein Bederf Somerset-Wes's post 17/05/2021

BAD BORREL B***E

Hierdie groot bederf is een van Klein se top-verkopers omdat dit nie net heerlik ruik nie, maar ook omdat dit spiere laat ontspan en jou vel voed met net die beste van olies!

Ons Bad Borrel B***e is nou beskikbaar in ons splinternuwe kindergeure en ook in enkel-geur opsies in ons houers van 6!

Die gemengde geure is beskikbaar in bokse van 6 of 18!

Kontak ons vir bestellings / volledige katalogus:
082 343 8353
[email protected]

Photos from Klein Bederf Somerset-Wes's post 15/05/2021

Bokmelk reeks!

Fantasties vir babalyfies en die hele gesin!
Perfekte babatee geskenk!

Verskeie produkte beskikbaar.

Lyfwas
Lyfroom
Lyfsproei
Lyfbotter
Badborrels
Badmelk
Seepkoek
Sjampoekoek
Opknapper

Bokmelk bederf pakette ook beskikbaar.

Kontak ons vandag vir die volledige katalogus.

Photos from Klein Bederf Somerset-Wes's post 14/05/2021

E L I T E R E E K S
Ons Elite Reeks is ons Spog-reeks en alhoewel meeste van ons geure ook in die Klassieke Reeks beskikbaar is, is die Elite Reeks se verpakking in ‘n heel ander klas want dit is in GLAS...

Steeds met dieselfde liefde maar ook met ‘n KLEIN bietjie ekstra styl en swier...

Die Elite Reeks spog ook met pragtige nuwe verpakking vir ons 500ml pakkette en enkel bottels!

Bestel nou!
Dit is die perfekte unieke geskenk vir iemand spesiaal!

Photos from Klein Bederf Somerset-Wes's post 14/05/2021

VADERSDAG!
Bederf die Pappa in jou lewe met hierdie lekker pakkette met al ons WONDERLIKE mans produkte!

Met geure soos Houtskool & Mint, Oliekolonie en Bier Plesier sal dit 'n wenner wees!
Ons het Bederf / Waardeer pakette en pakette spesifiek vir pappas met 'n Baard / Snor!

WhatsApp ons by 082 343 8353
of
Stuur 'n epos na [email protected] vir meer informasie of om jou bestelling te plaas.

14/05/2021

By Klein word alle produkte VARS gemaak, elke dag.
Ons pluk en pars die Rose,
oes en rol die Laventel,
versap die Komkommer,
rasper die Lemoen en
trek die Rooibos tot die perfekte geur en kleur.

WAT MAAK ONS ANDERS AS AL DIE ANDER REEKSE?
Klein is uniek,perfek en
elkeen van ons produkte word altyd
gemaak met'n KLEIN bietjie ekstra liefde...

ONS BENADERING
Dit is vir ons baie belangrik om geen skadelike geursels of kleurstowwe te gebruik nie.
Klein se produkte word gemaak van 100% natuurlike olies en basisse om gesonde en gelukkige velle te verseker!

Want your business to be the top-listed Beauty Salon in Somerset West?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Telephone

Website

Address

Somerset West