The Green Flamingo at KLEIN Bederf
Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from The Green Flamingo at KLEIN Bederf, Beauty, cosmetic & personal care, Alberton.
Net Die Beste Natuurlik at KLEIN
Ons missie is om altyd top-kwaliteit, natuurlike produkte te vervaardig wat bekostig en maklik bekombaar is regoor Suid-Afrika
20/01/2022
Liefde is lekker... en dit loop hand aan hand met 'n lekker bederf!
En by Klein weet ons mos net hoe om te bederf. Daar is 3 spesiale Liefde-Bederwe vir Valentynsdag om van te kies.
Onthou asb dat alle aanlyn-bestellings vir Valentynsdag reeds 31 Januarie sluit!
☎️061 620 2172
31/12/2021
28/11/2021
22/11/2021
🎅🏻🤶🏻🌲 Met Kersfees net so om die draai, sluit alle aanlyn bestellings 5 Desember om seker te maak jy kry jou bestelling betyds 🎅🏻🤶🏻🌲
Kataloguste beskikbaar, kontak my gerus vandag nog op 061 620 2172
13/11/2021
Die somer is hier en met soveel plesier gaan ons mielies plant
Pappa sê ek's nou groot genoeg, as ons lande toe trek
Met ploeg en skaar kan ek self die trekker ry, so gaan die tyd verby
En na al die dag se "werk" en avontuur kan jou klein voorman sy dag afsluit met Klein se Bedrywige Borrelgom!
Jy sal Bedrywige Borrelgom in 10 verskillende produkte kry
12/11/2021
Laaste, maar BESLIS nie die minste...is ons Klein Kinder Sakkie pakket.
Die Kinder sakkie het 6 produkte in met geure waaroor enige "Kleintjie" gaande sal wees.
Daar is Dapper Druiwe, Bossie se Bokmelk, Mooiste Malvalekker, Bedrywige Borrelgom EN Astrante Aarbei.
Laat jou "Kleintjie" saam met ons maats op ñ GEUR AVONTUUR kom en maak badtyd weer pret!
Ons Kinder Sakkie Pakket is nou beskikbaar teen slegs R365.00.
NB. Onthou ook aanlyn bestellings sluit 5 Desember
12/11/2021
As jy nog opsoek is na ñ oulike maar ook praktiese dankie-sê geskenk vir juffrou/meneer, is Klein se sakkies die antwoord!
Net die regte grootte en gemaak van egte beesleer, is dit ñ geskenk wat jare sal hou.
Klein het ook 5 opsies waarvan jy kan kies:
* Klein Bietjie van ons beste Sample sakkie - R385.00
* Klein bietjie van ons Mans Pakket - R355.00
* Klein bietjie van ons Velsorg Pakket - R485.00
* Klein bietjie van ons Kinder Pakket - R365.00
* Beesleer sakkie (sonder produkte) - R320.00
Daar is definitief een vir elke smaak!
11/11/2021
Klein se Klein Bietjie van ons Bestes sample sakkie het almal behoorlik aan die gons gehad... en ons verwag niks minder van ons oulike KLEIN BIETJIE VAN ONS VELSORG PAKKET nie!
Dit is propvol met NEGE van Klein se Velsorg produkte. Ons velsorg produkte bevat Amandelolie en ander A-Graad Essensiële olies - van die natuur tot op jou vel.
Hierdie is die ideale wegspring plek vir tieners, studente en enigeen wat graag wil oorgaan na ñ meer NATUURLIKE velsorg roetine.
Weereens verpak in ñ EGTE Beesleer sakkie.
Kry joune nou en begin JOU Klein Velsorg reis...
11/11/2021
Het jy al Klein se nuutste geur - Lelie en Lenteblom probeer?
Hier is so bietjie terugvoer oor wat ons agente & kliente d**k oor hierdie blomme geur:
🌸 Dit is n heerlike skoon vroulike reuk en soos ek se.... My mannie vrek oor die reuk. Hy hou van almal, maar hyt gisteraand weer gese ek moet asb vir die kids dit bestel. So def pappa se hart gesteel - Juanita Kunz
🌸 Ek het myne sopas gekry. Ek het die lyfwas en n 1kg badsout bestel. Vanaand gaan daar n lieflike blomtuin in my badkamer ontplof 😍😍😍 - Hanna Koch
🌸 Julle ek het nou net my september boks gekry 😱😱 dit voel of ek verjaar saam Klein...mag ek iets sê Chané, dit ruik sooooo lekker omw! Dis my nuwe geur...ek hoop hys hier om te bly - Hannelie Loots
Met soveel goeie terugvoer kan ons nie wag om Lelie & Lenteblom met julle almal te deel nie!
Bestel joune betyds want ONTHOU aanlyn bestellings sluit 5 Desember
&lenteblom
06/11/2021
Na die REUSE belangstelling en meer as 7000 bestellings van ons eerste “Klein bietjie van ons Beste…sample sakkie” het ons natuurlik ook navrae gekry vir nog reekse. En een van daardie was ñ sakkie vir die MANNE!
Julle het gevra en Klein het geluister! Hier is ons KLEIN BIETJIE VAN ONS MANS PAKKET.
Vir net R355.00 kry jy ñ egte Beesleer sakkie met SES mans produkte!
28/10/2021
Klein se Vakansie Katalogus is uit en propvol nuwe bederwe asook ou gunstelinge!
Ons Bederf-Haar-Pakket is ñ ou gunsteling met ñ titseltjie ekstra bederf by - ñ Klein Seepkoek!
Dit word mooi verpak in ñ boksie en moet hierdie feesseisoen op jou geskenke-lysie wees.
Beskikbaar in 11 wonderlike geure
27/10/2021
LUUKS is lus om jou ‘n bietjie te bederf…
Hierdie is ñ geleentheid wat min gebeur so maak seker jy maak gebruik van dit
Slegs 28 Okt - 1 November is al Klein se LUUKS produkte 10% af!
Maak jou lysie en kom merk dit af by Klein...
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Contact the business
Telephone
Website
Address
Alberton
Opening Hours
| Monday | 07:00 - 16:00 |
| Tuesday | 07:00 - 16:00 |
| Wednesday | 07:00 - 16:00 |
| Thursday | 07:00 - 16:00 |
| Friday | 07:00 - 16:00 |
| Saturday | 08:00 - 13:00 |
