Jadels Hair Growth Treatment
Hierdie produk help met die groei, krul, voed en die afbreek van hare. 🧴🌻🤍
LIMITED STOCK AVAILABLE
Hallo Almal!
Die _*Jadels*_ produk is weer op die mark!😁
Hierdie produk bevat slegs kruie bestanddele (kan ongelukkig nie sê wat ALLES daarin is nie) en is nie skadelik nie.☝️
Die doel van hierdie produk is om jou hare te laat groei, te voed asook om te help met die afbreek van hare.💇♀️💇♂️
Daar kan nie presies gesê word hoe lank dit gaan neem voordat u groei sien nie, want almal se haartipes verskil.☝️Wat ons wel kan sê is dat groei bepaal kan word deur hoe gereeld jy die produk gebruik en afhangend van die haartipe. 😉
Die instruksies hoe om die produk te gebruik staan op die botteltjie.💅
Indien u belangstel in die produk kan u my via Whatsapp of messenger kontak vir meer inligting.
Baie dankie vir u samewerking & ondersteuning.🤍
(Sal graag terugvoering oor die produk wil ontvang & foto's van die groeiproses🤭🌻)
Hallo Almal!
Die _*Jadels*_ produk is weer op die mark!😁
Hierdie produk bevat slegs kruie bestanddele (kan ongelukkig nie sê wat ALLES daarin is nie) en is nie skadelik nie.☝️
Die doel van hierdie produk is om jou hare te laat groei, te voed asook om te help met die afbreek van hare.💇♀️💇♂️
Daar kan nie presies gesê word hoe lank dit gaan neem voordat u groei sien nie, want almal se haartipes verskil.☝️Wat ons wel kan sê is dat groei bepaal kan word deur hoe gereeld jy die produk gebruik en afhangend van die haartipe. 😉
Die instruksies hoe om die produk te gebruik staan op die botteltjie.💅
Indien u belangstel in die produk kan u my via Whatsapp of messenger kontak vir meer inligting.
Baie dankie vir u samewerking & ondersteuning.🤍
(Sal graag terugvoering oor die produk wil ontvang & foto's van die groeiproses🤭🌻)
Jadels Hair Growth Treatment Hierdie produk help met die groei, krul, voed en die afbreek van hare. 🧴🌻🤍
22/05/2024
Place your order via whatsapp or messenger to avoid disappointment. Limited stock.🤍
Goeiemiddag Dames😊
Sjoe, waar begin ek!?
Die afgelope paar maande was vir my baie moeilik en dit het my baie moed geskraap om weer Jadels te maak, maar deur die genade van God het hy my deur diepe waters gedra en die krag gegee om weer my produk te maak. 🥺🙏
In elk geval Jadels Hair Growth Treatment is terug! Na al die honderde boodskappe en oproepe vanaf kliënte wat vra of ek nog Jadels gaan maak en hoekom dit so lank vat is _Jadels_ uiteindelik terug.😄
Daar is beperkte voorraad so plaas u bestelling om teleurstelling te verhoed. Dit kan via Whatsapp of Fb messenger gedoen word. Dankie vir diegene wat alreeds bestellings geplaas het. Die ondersteuning word hoogs waardeer! 😘🤍
15/12/2023
Goeiemôre Dames😊
Hieronder is foto's van een van my lojale kliënte se hare. Sy't al hierdie foto's laasjaar geneem en skoonvergeet om aan my te stuur.🙈 Soos julle kan sien, het sy glad vergeet om by te hou om die datums by elke foto by te sit.😅
Haar hare groei nie net nie, maar dis ook nou meer as gesond en het 'n mooi g***s. Sy is so opgemaak oor die lengte van haar hare dat sy sommer 5 botteltjies wil bestel, want haar kollegas/vriendinne stel ook nou belang.🤭
Hou hierdie blad dop. Ek sal binnekort die foto's laai van hoe mooi haar hare nog in hierdie jaar gegroei het. Baie dankie vir die ondersteuning en terugvoering.🤍
11/11/2023
Goeiemôre Dames 😊
Sjoe, ek was lanklaas hier! Hieronder is só bietjie terugvoering vanaf een van die kliënte.
Indien u belangstel, kan u via Whatsapp of Fb messenger kontak maak. 😉
Baie dankie vir die ondersteuning en terugvoering, ek waardeer dit so baie! 🫶
(Toestemming is gegee om hierdie foto's te plaas.)
Goeienaand Dames🤗
Sjoe, dit is maande laas wat julle van my gehoor het.😱🙈
Maar soos die gesegde sê "Geen nuus is goeie nuus."😝 En die goeie nuus is daar is weer Jadels Hair Growth Treatment in voorraad. 😁
Die voorraad is beperk so plaas dadelik u bestelling om teleurstelling te verhoed.💃
Indien u belangstel, kontak my via whatsapp of messenger.🙂
16/02/2023
Goeienaand Dames😊
Hieronder is net terugvoering vanaf een van my kliënte. Die eerste foto is op die 17de November 2022 geneem voor my kliënt die produk begin gebruik het. In die onderste skermskoot is dit 'n foto wat sy die 17de Januarie geneem het. Daar is BESLIS groei ten spyte van die punte wat so bietjie beskadig is. 😁
Let wel: Wanneer u die produk gebruik probeer om so ver as moontlik weg van haarkleure te bly. Dit beskadig jou hare om ten sy volle, gesonde potensiaal te groei en knip ook gereeld u punte om te verhoed dat u hare afbreek.
Hierdie produk help nie net met die groei van hare nie, maar ook om die hare te VOED om gesond te bly en om te verhoed dat dit afbreek dus moet u haarkleure(dye) vermy( veral as daar chemikalieë in is wat die hare beskadig).
P.s: Vra vir my ek het al die hele reënboog 🌈 in my hare gehad.🤭😅
Baie dankie vir die terugvoering en foto's dame. 🤍
(Toestemming is gegee om hierdie foto's te plaas.)
14/02/2023
Goeienaand Dames😊
Sjoe, ek het baie lanklaas foto's en plasings op my blad gelaai. Skuuuuus, ek was baie besig die afgelope paar weke.🤭So verskoon tog. Here goes the first one...
Hierdie dame het laasweek haar eerste botteltjie, Jadels Hair Growth Treatment gekoop en het ook laasweek en Dinsdag, 7de Feb,die produk vir die eerste keer begin gebruik. Vandag is dit letterlik 'n week vandat sy die produk gebruik en daar is alreeds goeie vordering aan haar haargroei. 🌻
Die foto hieronder spesifiseer die kol waar daar glad nie hare wou groei nie en dit was nou al vir meer as 6jaar net 'n oop en kaal kol in haar kop. Vandat sy JADELS HAIR GROWTH TREATMENT gebruik, het sy begin groei sien. Dis nog nie waar ons dit wil hê nie, maar dis 'n begin en 'n teken...( Trust the process)😉
Hieronder is so bietjie terugvoering en foto's van die resultate. Dit is maar nog net die begin van vele haargroei.🤍
Baie dankie vir die terugvoering en ondersteuning.🙏🌻🤍
(Toestemming is gegee om hierdie foto's en terugvoering te plaas)
03/01/2023
Hallo Dames😁
Hieronder is terugvoering vanaf een van my lojale klante. Dit is haar en haar dogter se hare. Sy knip gereeld haar hare maar sê dit groei weer vinnig na sy die produk gebruik. Ek het nie 'n vorige foto van haar dogter se hare nie maar haar hare was ook baie kort en dit is die resultate na die gebruik van Jadels Hair Growth Treatment .🤭
Baie dankie vir die terugvoering en ondersteuning, ek waardeer dit opreg.😘🤍
03/01/2023
Goeiemôre Dames😊
Sjoe, ek het baie lanklaas ietsie opgelaai maar lees gerus.
Hierdie dame het in Junie maand al die produk by my gekoop maar het eers teen Julie die produk begin gebruik en hieronder is die resultate.
Sy sê ook die produk laat nie net haar hare groei nie, maar laat dit ook meer lewendig (gesond) lyk.😁
Indien u belangstel stel, plaas onmiddellik u bestelling om teleurstelling te verhoed. 😉
Baie dankie vir u terugvoering en ondersteuning, ek waardeer.🙏🤍
25/11/2022
Hallo Dames.😁
Hieronder is terugvoering vanaf my niggie. Ek het vroeër op hierdie blad 'n plasing van haar haargroei opgelaai en dis hoe dit na 'n paar maande verder gegroei het.🤭
(P.s: Dit was tot in haar nek kort geknip.)
Baie dankie vir die terugvoering en foto's girl! 🤍
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Contact the business
Telephone
Website
Address
8 Weltevrede Street
Cape Town
7655
