Ai So Fraai

Ai So Fraai

Share

Welkom, mooiste! Nail technician, makeup artist, hairstylist & beauty services offered. https://linktr.ee/Aiso_fraai

28/03/2025

Price Update – Effective for bookings from 1 April 2025

Hey, beautiful! First off, a HUGE thank you for your continued love and support. You’ve kept my nail file buzzing, my creativity flowing, and my coffee addiction justified! ☕💅

That being said, due to rising product costs (because apparently, even nail gel wants to be bougie these days), I’ll be making a small adjustment to my pricing as of April 1, 2025.

I know no one loves a price increase, but I promise it’s all to keep providing you with the high-quality products and service you deserve. Your loyalty means the world to me, and I’m beyond grateful for every single one of you who trusts me with your nails.

If you have any questions, feel free to reach out. Let’s keep making magic on your ten tiny canvasses! 🌿

With love & gratitude,
Elzanne ❤️

Photos from Ai So Fraai's post 17/11/2024

My liewe Nelda, as ek maar vir jou in woorde kon sit wat 'n voorreg dit vir my was om deel van jou matriekafskeid te kon wees...🥹 Jy was maar 'n klein, tingerige dog vurige dogtertjie toe ons jou leer ken en jy in ons harte ingegroei het. Nou het jy die wêreld aan jou voete, en absoluut niks kan in jou pad staan nie.

Mag jy die volgende fase van jou lewe met al daardie vuur en passie en onblusbare lewenslus aanpak. Ons is so so trots op jou ❤️

Hare, naels en grimering:
Fotos:
Venue: The Hamlet, Ruimsig

Photos from Ai So Fraai's post 02/10/2024

Sommige posts is moeiliker as ander... nie hieroor of daaroor nie - net omdat die woorde my bietjie ontgaan en die knop in die keel maar net nie wil verdwyn nie. Ek het regtig nie gedink jou matriekafskeid sou so vinnig naderkom nie. Ek het gedink ons het nog so baie tyd oor 🫣🫠 Dat ek baie trots is, is nie 'n geheim nie want my hart klim sommer oënskynlik uit my bors van trots.
Julle het sooo mooi gelyk! (en ek is dankbaar en bevoorreg om darem so klein bietjie deel daarin te kon hê 😊)

Ek is ook dankbaar vir elkeen wat 'n rol gespeel het en hierdie mooi dag moontlik gemaak het: Spesiale vermelding vir Danielle Wiering en tannie Betsie vir die besondere rok en al die rok-verwante reëlings, die rondry vir aanpas-dae en jul tonne liefde. Dit sou maar 'n valerige besigheid gewees het sonder julle! 💕 Vir my niggies Deus-Donne Barnard en Claudi-Monet Nel en tannie Thelma Booysen vir al jul reëlings, hulp, happies, sjampanje en ondersteuning. Ons lief julle meer as wat ons kan sê 🥰 Vir , Lyndl en die man in die mooi suit, Pedri, dankie dat jul als net meer pret gemaak het! Ons sou beslis nie so koel en kalm kon wees as dit nie vir julle was nie 🤗 Vir Nicolé van Whiplash_Studio vir die pragtige lash extensions, lekker geselsies en liefde vir klein Stinkie 🤭 Jou werk is, soos altyd, absoluut besonders en uit hierdie wereld mooi🥹 Vir .photography en , en ouma Val, vir sommer net als wat jul op die dag gedoen het vir ons. Ek kon op die mooimaakwerk konsentreer omdat jul die fort gehou het, en ek kan nie genoeg dankie sê nie💗

Rok: Tannie Lollie (sy het ons rok-drome 1000% oortref!😍)
Grimering en naels:
Hare: .at.hair.studio
Fotos:
Editing:

Photos from Ai So Fraai's post 28/09/2024

My liewe Rissie. Die sterk, intimiderende "goalie" op die astro. Die kranige danser vir wie die musiek van binne jou hart uitborrel. Net soos daardie bos blomme is jou persoonlikheid: soms presies en ferm, soms sag en delikaat. Maar altyd asemrowend kleurvol.

Vir my was dit sooooo spesiaal om deel van jou matriekafskeid te kon wees! Ek is so ongelooflik trots op die mooi mens wat jy is, en ek voel bevoorreg om deel van jou lewe te mag wees.

#

Grimering en naels:
Hare: .barnard
Rok:
Fotos: .photography

Photos from Ai So Fraai's post 23/09/2024

Wat 'n voorreg om deel te kon wees van se matriekafskeid. Mag jy jou vlerke wyd sprei en nog hoog vlieg, mooiste jong dame.

Hare, grimering en naels:

Photos from Ai So Fraai's post 22/09/2024

Lieflike Sunelle, jy was maar 'n klein, skugter ballerinatjie toe ek jou leer ken het. Maar daardie klein kuikentjie het voor ons oë in 'n pragtige swaan verander! Dit was die grootste voorreg en eer om jou te kon help mooimaak vir jou matriekafskeid.

Naels, hare en grimering:
Rok: Bride&co
Fotos: Status Studio

Photos from Ai So Fraai's post 19/01/2024

✨ Embracing elegance with every stroke! 💅🌸 These milky white gel nail extensions adorned with custom watercolour flowers and golden foil flecks are a dreamy canvas of sophistication. ✨

Photos from Ai So Fraai's post 03/11/2023

A matric farewell fairytale, complete with medieval castle and a maiden fair...

👑 Zandre Grove
🏰 Greensleeves Medieval Kingdom Johannesburg



Nicolette En Ruan Grove

Photos from Ai So Fraai's post 26/10/2023

The Green & Gold

Enough said! 💚🏆

10/10/2023

Mooiste Hayley, wat 'n voorreg om deel te kon wees van jou matriekafskeid. Jy was (en is elke gewone dag ook) absoluut asemrowend, uniek en so spesiaal vir ons. 🖤



Photos: Photos by Salome
Makeup:
Hair: .barnard
Nails:

Photos from Ai So Fraai's post 15/04/2023

🤍Simple Elegance🤍

Want your business to be the top-listed Nail Salon in Krugersdorp?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Telephone

Website

Address


2 Otto Street
Krugersdorp
1739