Hanli Saunderson The Personal Stylist

Hanli Saunderson The Personal Stylist

Share

Hanli_thestylist. I am a personal Stylist and a personal shopper.

Photos from Hanli Saunderson The Personal Stylist's post 06/02/2025

Proof of life!

2025.

Ek kry soveel DM's om te hoor waar ek is en hoekom ek nie meer gereeld "post" nie.

Hier is n vinnige "update" oor "Hanli in die wye wêreld".

Die wat my ken weet dat ek graag sê Jesus is oral, maar veral in die valleie van die lewe.

Dit gaan regtig goed met my!

Ek is steeds n Stylist maar ek het nog n nuwe projek ook aangepak.

Tussen deur die nuwe werk en propvol program is ek eerstens n ma en hou die b***e in die lug. (Soortvan..maar dit klink net goed om te sê hulle is in die lug )

Notting Hill huisie is nog goed vir ons. Ek voel bederf met die hout vloere en hoë plafonne.

Pepsi kat se dood is steeds rou en seer. Ons huil nog gereeld oor haar.

Die kinders pas stadig maar seker aan in hul nuwe roetine.

Ek belowe om meer gereeld te post.

Vir die mense wat my gereeld soveel lieflike boodskappe stuur, dankie dankie dankie.

Photos from Hanli Saunderson The Personal Stylist's post 01/09/2024

ʙᴜʙʙʟᴇꜱ ᴡɪᴛʜ ʙʟɪꜱꜱ
#𝐭𝐡𝐞𝐬𝐭𝐲𝐥𝐢𝐬𝐭

Die wat my ken weet ek is baie kamera sku. Die was n paar fotos om darem te wys ek was daar.

Meeste van dit wat ek gedra het gisteraand is ou gunstelinge uit my kas.

MAU (Perfek & presies wat ek wou hê, baie baie dankie)

28/08/2024

ᴛʜᴇ ᴊᴏᴜʀɴᴇʏ ᴏꜰ ᴀ 1000 ᴍɪʟᴇꜱ.......ʙᴇɢɪɴꜱ ᴡɪᴛʜ ᴀ ꜱɪɴɢʟᴇ ꜱᴛᴇᴘ
#𝐭𝐡𝐞𝐬𝐭𝐲𝐥𝐢𝐬𝐭

Wie het gedink ek sal só opgewonde wees om n sleutel te kry!

Dit vat soms net daai eerste tree vir alles om stadig (en met tye weer vinnig) in plek te val.

Hoofstuk 1 van
ℍ𝕒𝕟𝕝𝕚 𝕚𝕟 𝕕𝕚𝕖 𝕨𝕪𝕖 𝕨ê𝕣𝕖𝕝𝕕

1000 myl....Hier kom ek!

19/08/2024

ᴛʜɪꜱ ᴛʜɪɴɢ ᴄᴀʟʟᴇᴅ ʟɪꜰᴇ, ᴀɴᴅ ᴛᴏ "ʟᴇᴛ ɪᴛ ɢᴏ"
#𝐭𝐡𝐞𝐬𝐭𝐲𝐥𝐢𝐬𝐭

I am in a season of my life where everything around me is changing. It is at times overwhelming to remind myself that this is only a season and not a forever thing.

Ek is iemand wat nie hou van groot verandering of skuiwe nie. Kom ons wees eerlik, ek hou eintlik niks van verandering nie. En so wraggies is dit al wat die jaar met my gebeur, totale verandering.

Terwyl ek in die proses is van "let it go"...besef ek dat die waarde van die skatte binne my veel meer is as die "goed" om my.

Om gestroop te word van n lewe wat ek tot hier geken het, is nie elke dag ewe maklik of gemaklik nie. Maar in die proses groei ek nader aan die Hanli wat Jesus my voor geroep het.

Dinge het n manier om uit te werk, want die waarheid is ek ken die Een wat my paaie gelyk maak.

Ek het lanklaas so hard gelag en huil in een asem soos nou.
Ek het ook lanklaas soveel vryheid en onsekerheid beleef op een oomblik soos nou.

Die punt is...hierdie is n proses.

En ek volg die pad tree vir tree waar my Jesus lei. Want Hy is my konstant in elke storm....en ek kies om die een van wonders & wonderwerke te vertrou.

Miracle worker
Waymaker
Promise keeper

16/08/2024

ᴏᴏᴛᴅ
#𝐭𝐡𝐞𝐬𝐭𝐲𝐥𝐢𝐬𝐭

13/08/2024

ʜᴀɪʀ ᴛʜɪɴɢꜱ
#𝐭𝐡𝐞𝐬𝐭𝐲𝐥𝐢𝐬𝐭

Ek het die grootste deel van my lewe lang hare gehad. 5jaar gelede het ek dit begin al korter en korter dra. Daar is net iets bevrydends aan korter hare.

Ek is mal daaroor om my hare te vleg, want hare is ook n "bykomstigheid" wat n "look" kan afrond.

12/08/2024

ʟɪꜰᴇ ɪꜱ ʙᴇᴀᴜᴛɪꜰᴜʟ
#𝐭𝐡𝐞𝐬𝐭𝐲𝐥𝐢𝐬𝐭

Baie keer vra mense my of dit nie moeite is om elke dag "op te dress" nie. My antwoord is altyd dieselfde..nee, en nogmaals nee.

Die lewe op aarde is kort, ek weet klere is aardse goed. Maar soos ek altyd sê die lelike klere kan ook nie sagaam hemel toe nie. 😝

Life is the occasion. I dress up because I am worth it. I dress up because I love life. I dress up because every day counts and I only have one life...and I want to make it beautiful in every way.

With that said....

Boots
Dress
Jacket
Belt

Photos from Hanli Saunderson The Personal Stylist's post 08/08/2024

ᴍʏ ʙᴇꜱᴛᴇ ᴀᴀɴᴋᴏᴏᴘ ᴅɪᴇ ᴡɪɴᴛᴇʀ
#𝐭𝐡𝐞𝐬𝐭𝐲𝐥𝐢𝐬𝐭

Hierdie fur baadtjie was my verjaardag geskenk van die kinders. Ek is mal oor die ligte kleur van die fur, en die fit" is perfek & gemaklik . Die baadtjie is die beste toevoeging tot my kas gewees die winter.
Ek dra dit elke week, en gaan dit vanaand saam met n aandrok dra.

07/08/2024

ᴛʜᴇ ʙᴇᴀᴜᴛʏ ᴏꜰ ᴀʟᴡᴀʏꜱ ʜᴀᴠɪɴɢ ʜᴏᴘᴇ
#𝐭𝐡𝐞𝐬𝐭𝐲𝐥𝐢𝐬𝐭

Oh my! I have been tried and tested the last couple of years. At times I felt pure exhaustion in the process of overcoming life's hurdles and small battles.

Ek onthou altyd my pa se gunsteling skrif :'Sy genade is elke môre nuut", in oomblikke van alleen paaie en U - turns.

Die lewe is n reis, n pragtige en soms harde groei proses. Die keuse wat ons het is om hoop te behou dat elke storm sal eindig in n reënboog, elke droeë stuk grond in ons lewe lewende water sal kry, elke donker plek sal gevul word met Lig.

Hoop is n mooi iets.

Die weereens n keuse. Jy kies om te bly Hoop.

Kies reg.

06/08/2024

ʙʟᴀᴄᴋ
#𝐭𝐡𝐞𝐬𝐭𝐲𝐥𝐢𝐬𝐭

I can wear black everyday. I love the elegance and presence of the colour black. It is timeless and classic.

Want your business to be the top-listed Hair Salon in Paarl?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Website

Address


Paarl