Klein Bederf Handelshoek Polokwane
Skoonheid en Velprodukte
12/11/2025
NOV (Kers) Brosjure
So saam met die nuwe Brosjure wil ons julle net ook die volgende meedeel:
Lees GROOT asb hierdie belangrike kennisgewing!!
Alles in die Kers/Geskenk Brosjure is net aanlyn beskikbaar tot 30 NOVEMBER! Met die Kersfees-stormloop en lekker baie bestellings wat inkom tussen nou en dan vra ek GROOT asb dat jy betyds bestel om die druk bietjie van ons winkel en fabriek af te haal in hierdie tyd want almal weet die koerier en ALLES vat langer.
Pakkies mag 'n dag of 2 langer neem - hou net jou e-pos dop vir alle inligting, tracking nommertjie ens.
Dan, van 1 tot 10 Desember gaan jy steeds aanlyn kan bestel, LW... net wat op die webblad beskikbaar gaan wees... MAAR na 10 Desember gaan ons eers jou bestelling prosesseer wanneer ons fabriek weer 12 Januarie 2026 oopmaak.
Geniet die laaste van die dolle jaar!
Liefde
10/11/2025
07/11/2025
PRODUK VD WEEK - MINI BAD BORREL B***E
Ons Mini Bad Borrel B***e is klein, kleurvol en propvol geur – perfek vir ’n bietjie bederf in jou bad!
Gooi een (of twee!) in jou badwater en kyk hoe dit bruis, borrel en ’n heerlike geur versprei. Ideaal vir kinders én grootmense wat hou van iets vrolik en natuurlik.
🩷 10 Mini Bad Borrel B***e per pak
💚 Natuurlike bestanddele
🩵 Verskeie gemengde geure
Klein in grootte, groot in geur!
Kry joune vandag nog. Beskikbaar by enige van ons landswye Klein Agente, in ons Hartenbos winkel en aanlyn winkel: www.kleinsewinkel.co.za
***e
07/11/2025
KLEIN SONBLOK
Klein se organiese Sonblok beskerm jou vel op die natuurlike manier.
Met minerale bestanddele wat UV-strale weerkaats, hou dit jou vel jonk en gesond — sonder harde chemikalieë of kunsmatige geure.
🌞 Sag op sensitiewe vel
🌞 Voed en bevogtig met plantolies
🌞 Koraalrif-veilig en omgewingsvriendelik
04/11/2025
Ontdek van Klein se gewildste reekse – gemaak met natuurlike olies en suiwer bestanddele vir gesonde, gelukkige velle.
Van ons romerige Bokmelk-reeks en die sagste Baba-produkte, tot ons BAIE gewilde en geliefde Rooibos Redding – ons het iets vir almal in die gesin.
Elke produk gemaak met liefde en sorg.
Klein – Net dié beste, natuurlik.
www.kleinsewinkel.co.za
04/11/2025
Lig, vrolik en natuurlik – dis hoe jou vel moet voel 🌸
Met elke spuit van ons Verfrisser Sproei voel jy dadelik vars en lewendig. Dis daardie koel briesie op ’n warm dag – sag op jou vel, lig in geur, en perfek vir enige oomblik wat jy net bietjie verfrissing soek.
Hou dit in jou handsak of strandsak, gebruik dit as ’n ligte parfuum of natuurlike toner.
Suiwer, eenvoudig & vars.
🩷 100ml | R135
www.kleinsewinkel.co.za
27/10/2025
BADSAKKIE PAKKET
Vat jou bietjie bederf saam met vakansie! Ons Badsakkie Pakket is perfek vir jou somervakansie.
Elke pakket bestaan uit:
🩷 180g Lyfbotter
💛 100ml Lyfwas
❤️ Praktiese badkamer-sakkie
Kies jou vakansiegeur:
🌸 Lelie & Lenteblom – sag & vroulik
🍍 Pynappel & Klappermelk – ruik soos eilanddae
🍉 Waatlemoen – vars en vrolik
Slegs R255 per pakket – perfek vir die strandtas of gastehuisbadkamer!
24/10/2025
PRODUK RESENSIE - LyfroomSproei
Ons LyfroomSproei is een van ons gewildste produkte want dit gee jou alles wat jy van ’n room hou – sonder die taai gevoel.
’n Ligte, vinnig-absorberende spuitroom wat jou vel voed en heerlik laat ruik.
Het jy gesien dat Bamboes&Maroela nou in sekere produkte ñ permanente geur is?
24/10/2025
KNAP-OP-JOU-KROON
Skoon hare, gesonde kopvel, en daardie vars gevoel wat jy sommer heel dag saamdra.
Gebruik ons Lietsjie, Roos & Rooibos sjampoe en opknapper saam met die sjampoe-borsel vir natuurlike, effektiewe haarversorging wat regtig werk.
250ml Sjampoe & Opknapper + Sjampoe-borsel vir slegs R465.00. Hierdie pakket is nét beskikbaar in Lietsjie, Roos & Rooibos.
Loer gerus ook na al ons ander Sjampoe & Opknapper geure.
www.kleinsewinkel.co.za
25/04/2025
FÉJNBOS VRYDAG
Splinternuut by Klein - Essensiële Olie-rollers
As ouer wil jy altyd voorbereid wees vir wanneer jou kind siek is, seer het of die winter-goggas vir jou loer. Essensiële Olie-rollers is 'n natuurlike, maklike en veilige manier om algemene kinderklagtes te hanteer.
Ons Mammas se Vasvat-Vyf Pakket is ñ 5-in-1 pakket wat elke Mamma help om alledaagse kieme
te klop!
Klein Nota: Vir babas onder 'n jaar, verdun (indien nodig) met ñ "carrier" olie van jou keuse en doen 'n veltoets. (Die ideaal vir verdunning sal 3-5ml carrier wees)
NOU beskikbaar vir bestellings op ons webblad of enige van ons landswye Klein Agente
www.kleinbederf.com
17/04/2025
Ons SPLINTERNUWE Féjnbos Olie Katalogus is binnekort beskikbaar net hier by KLEIN!
Hou gerus ons blaaie dop… daar is iets vir klein en kie… of jy reeds ‘n essensiële olie-kenner is, of nie…
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Contact the business
Telephone
Website
Address
31 Uranus Street
Polokwane
0699
