Klein Bederf - Port Elizabeth & Oos London
Net die beste Kwaliteit NATUURLIK 🐑
Klein het a bederf van groot 🧓 en klein 👶.. Van kop tot toon
10/02/2026
♥️ Hartjie my Liefie ♥️
'n Klein kersie-storie…🍒
Daar word gesê dat kersiegeur jou gemoed op dieselfde manier oplig as wanneer iemand vir jou glimlag. Dit bring daardie soet, speelse gevoel wat jou sommer dadelik beter laat voel.
Dit is ook hoekom dit so goed pas by romanse – daar’s iets aan kersie wat altyd ’n bietjie liefde, vrolikheid en lewe saambring.
Dit is dan ook wat ons Hartjie my Liefie pakket so besonders maak...dit is PROPVOL kersie 🍒
06/02/2026
♥️ Geniet Februarie se LEKKER Brosjure! ♥️
Ons is ekstra opgewonde oor hiérdie Liefie-maand want behalwe dat ons die LIEFDE opnuut vier, het ons besluit om hierdie maand, saam met al die gewone KLEIN-bederwe… sommer ’n gelukkige trekking ook te hou!
Kontak my gerus op 061 482 8177 vir bestelling of gaan na die webverf
https://kleinsewinkel.co.za/agent/435/
*Hanteringsfooi / kourier koste is nie ingesluit by die prys van produkte nie *
03/02/2026
♥️ LYFROOMSPROEI ♥️
Met ons LyfroomSproei hoef jy nie meer te kies tussen vinnig of voedend nie – jy kry albei!
Klein se LyfroomSproei is ñ unieke kombinasie van natuurlike olies en botters in ’n ligte sproei, wat vinnig intrek en jou vel voed sonder ’n taai laag. Perfek vir besige oggende, warm somersdae of enige oomblik wanneer jou vel vra vir liefdevolle sorg.
Drie spesiale geure kuier slegs tot 5 Februarie:
Granaat
Stroop Appel
Aarbei
Kontak my gerus op 061 482 8177 vir bestelling of gaan na die webverf
https://kleinsewinkel.co.za/agent/435/
*Hanteringsfooi / kourier koste is nie ingesluit by die prys van produkte nie *
29/01/2026
KLEIN LIPSALF 💋
Met natuurlike bestandele wat voed en beskerm vir sagte, gesonde lippe!
Geen chemikalieë | Geen droogheid | Geskik vir alle ouderdomme.
Slegs vir Januarie beskikbaar in 🍎 TOFFIE APPEL!
So lyk ons ander LIPLEK-LEKKER geure:
🥥 Klapper&Lemmetjie 🍓 Aarbei 🍭 Malvalekker🥛🍯 Melk&Heuning 🔵 Borrelgom
Kontak my gerus op 061 482 8177
Bestellings kan ook aanlyn bestel word, volg die skakel
https://kleinsewinkel.co.za/agent/435/
*Hanteringsfooi / kourier koste nie ingesluit by prys van produkte nie
21/01/2026
Hoe ROOIER… hoe MOOIER…
As ons vir Januarie ’n kleur moet gee… is hy maar ’n ou vaal ene… iets tussen vaal en ’n blou (soos ’n baie lang blou-Maandag) dalk… MAAR gelukkig kan ons KIES watter kleur ons hierdie vaal ou maandjie mee wil afsluit en daarom het ons besluit op ROOI!
Hoe Rooier.. hoe Mooier en mag die res van 2026 sommer vir jou ook net mooi wees.
Hier is ’n paar van ons baie gewilde, maar skaars, geure waaroor ons altyd baie navrae kry en hulle is alles beskikbaar tot 31 Januarie.
ELKE bestelling bo R1500 kry hierdie 10 dae ’n gratis geskenk!
Geniet die laatste bietjie van Januarie - ons groet hom met ’n “rooi-lip-soen” op die wang…
Kontak my by 061 482 8177 vir enige bestellings🍓
Bestellings kan ook aanlyn geplaas word - volg die skakel:
https://kleinsewinkel.co.za/agent/435/
*Hanteringsfooi / kourier koste nie ingesluit by prys van produkte nie
11/11/2025
NOV (Kers) Brosjure
So saam met die nuwe Brosjure wil ons julle net ook die volgende meedeel:
Lees GROOT asb hierdie belangrike kennisgewing!!
Alles in die Kers/Geskenk Brosjure is net aanlyn beskikbaar tot 30 NOVEMBER! Met die Kersfees-stormloop en lekker baie bestellings wat inkom tussen nou en dan vra ek GROOT asb dat jy betyds bestel om die druk bietjie van ons winkel en fabriek af te haal in hierdie tyd want almal weet die koerier en ALLES vat langer.
Pakkies mag 'n dag of 2 langer neem - hou net jou e-pos dop vir alle inligting, tracking nommertjie ens.
Dan, van 1 tot 10 Desember gaan jy steeds aanlyn kan bestel, LW... net wat op die webblad beskikbaar gaan wees... MAAR na 10 Desember gaan ons eers jou bestelling prosesseer wanneer ons fabriek weer 12 Januarie 2026 oopmaak.
Geniet die laaste van die dolle jaar!
https://kleinsewinkel.co.za/agent/435/
Liefde
07/11/2025
PRODUK VD WEEK - MINI BAD BORREL B***E
Ons Mini Bad Borrel B***e is klein, kleurvol en propvol geur – perfek vir ’n bietjie bederf in jou bad!
Gooi een (of twee!) in jou badwater en kyk hoe dit bruis, borrel en ’n heerlike geur versprei. Ideaal vir kinders én grootmense wat hou van iets vrolik en natuurlik.
🩷 10 Mini Bad Borrel B***e per pak
💚 Natuurlike bestanddele
🩵 Verskeie gemengde geure
Klein in grootte, groot in geur!
Kry joune vandag nog. Beskikbaar by my Kontak my gerus op 061 482 8177 of betsel aanlyn
https://kleinsewinkel.co.za/agent/435/
01/11/2025
LIETSJIE, ROOS & ROOIBOS
Sag. Romanties. Vroulik
Ons topverkoper geur – en met goeie rede. Lietsjie, Roos & Rooibos is ’n betowerende mengsel van soet vrugte en sagte blom, afgerond met die warm, aardse diepte van Rooibos. Die resultaat is ’n geur wat tegelyk sag, vroulik en vol karakter is.
Die soet varsheid van lietsjie bring ’n speelse ligtheid, terwyl roos ’n tikkie romanse toevoeg. Rooibos anker dit alles met sy kenmerkende warmte en natuurlike Suid-Afrikaanse sjarme.
Dis die geur waarna mense keer op keer terugkeer – elegant, tydloos en eenvoudig onweerstaanbaar.
https://kleinsewinkel.co.za/agent/435/
01/11/2025
EKSAMEN-TYD
MOENIE toelaat dat stres die oorhand kry hierdie eksamen nie. Wanneer eksamentyd aanbreek, het kinders nie net kennis nodig nie - maar ook duidelike fokus, emosionele balans en ñ gesonde liggaam.
By Klein bied ons hierdie vir jou kind d.m.v ons Eksamen Pakket, Eksamen Maats (rollers met sakkie) en ook ons Eksamen Rollertjie.
NOU beskikbaar by jou naaste Klein agent en ook aanlyn by
https://kleinsewinkel.co.za/agent/435/
01/11/2025
Ontdek van Klein se gewildste reekse – gemaak met natuurlike olies en suiwer bestanddele vir gesonde, gelukkige velle.
Van ons romerige Bokmelk-reeks en die sagste Baba-produkte, tot ons BAIE gewilde en geliefde Rooibos Redding – ons het iets vir almal in die gesin.
Elke produk gemaak met liefde en sorg.
Klein – Net dié beste, natuurlik.
https://kleinsewinkel.co.za/agent/435/
24/10/2025
KNAP-OP-JOU-KROON
Skoon hare, gesonde kopvel, en daardie vars gevoel wat jy sommer heel dag saamdra.
Gebruik ons Lietsjie, Roos & Rooibos sjampoe en opknapper saam met die sjampoe-borsel vir natuurlike, effektiewe haarversorging wat regtig werk.
250ml Sjampoe & Opknapper + Sjampoe-borsel vir slegs R465.00. Hierdie pakket is nét beskikbaar in Lietsjie, Roos & Rooibos.
Loer gerus ook na al ons ander Sjampoe & Opknapper geure.
https://kleinsewinkel.co.za/agent/435/
23/10/2025
GEUR VD WEEK - BAMBOES & MAROELA
RUSTIG. GROEN. VARS
’n Suiwer, moderne geur wat natuurlike balans en eenvoud vasvang. Die sagte varsheid van Bamboes bring ’n kalm, skoon gevoel wat aan vars oggendlug herinner, terwyl Maroela die geur afrond met ’n sagte vrugtige warmte — uniek, maar subtiel.
Hierdie geur voel soos vars linne in die wind of ’n oggendwandeling deur klam, groen plantegroei. Dit vernuwe jou sintuie en laat jou vel verfris en sag voel, sonder oorweldigende soetheid.
Beskikbaar in ñ verskeidenheid van produkte.
https://kleinsewinkel.co.za/agent/435/
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Telephone
Address
Port Elizabeth
6045
