Zoë Bederfboks

Zoë Bederfboks

Share

Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Zoë Bederfboks, Beauty, cosmetic & personal care, Pretoria East.

❣Produkte, inligting + bemoediging vir jou en jou dogter se 'period'
❣Jy's perfek na God se beeld gemaak
🩸Wees gemaklik-voorbereid vir enige geleentheid
🇿🇦 Trots SA
🌿 Bio-afbreekbaar + natuurlik
🛒 Bestel joune hier ⬇

24/08/2025

Ons kerk se badkamerdeur 😍

09/08/2025

"Alles aan haar spreek van 'n sterk en edel persoonlikheid; sy ken geen kommer oor die toekoms nie."

Prediker praat hier van 'n spesiale tipe vrou. Een wat ons slegs kan wees as ons regtig met God 'n pad stap. Daardie tipe pad waar jy jou vleeslike klere uittrek, weggooi, en elke dag kies om die klere wat Hy vir jou het aan te trek.

Edelheid, eer, glorie en sterkte is waarmee God jou aantrek.

Ek bid dat jy vandag op Vrouedag kies om 'n vrou van Sy stoffasie te wees.

09/07/2025

Hierdie kleure 😍
Kies jou gunsteling Zoë sakkie......as jy kan 😁

Want jou period kort KLEUR.

Period.

🛒www.zoeboks.co.za

16/06/2025

In vandag se tyd moet ons "flexible" wees, tog moet ons grense baie mooi vas wees. Opgelyn met Sy Woord.
Miskien het jy al daai balans reggekry. Miskien werk die Here nog met jou om dit bietjie beter reg te kry.
Maar vandag bid ons spesifiek vir die jeug. Vir die regte hoeveelheid "flexibility" om nie hul waardes en grense te buig nie.

26/05/2025

Ek kies om die mooi te sien. Dat God my liggaam, die plante, die sterre, als wat geskep is, perfek gemaak het. Elke liewe siklus het sy plek. Of dit nou in die vorm van seisoene, of 'n vrou se siklus, of 'n skoenlapper se lewenssiklus is. Elke siklus, seisoen, fase, het 'n baie spesifieke rol. Menstruasie is die fase waar my lyf hom skoonwas. Die bloed is die teken van hoop... dat my lyf gereed gemaak het vir lewe, maar oor dit nie die maand tyd was vir lewe nie, hy homself skoonwas, sodat hy oor n paar dae weer kan begin regmaak vir moontlike lewe.
Dis ongelooflik!

Mag ons op die regte tyd, in die seisoen wat God aandui, lewe voortbring.

Tot dan, spreek lewe oor jou baarmoeder, jou bloeding, jou eierstokke, en seel jou af met die Bloed van die Lam, Jesus! Die Een Wie ons skoner kan was as ons eie liggaam.
Laat Hom toe om deel te wees van elke fase, siklus, en seisoen.

❤️❤️❤️

19/05/2025

"Wanneer begin ek vir haar 'n Noodsakkie inpak vir skool? Ek wil haar nie te vroeg hiermee opsaal nie, maar ek wil haar regtig nie onvoorbereid skool toe stuur nie." wonder elke Mamma-hart oor haar dogtertjie.

As jou dogtertjie nog nie begin ontwikkel het nie, ontspan. Laat haar nog bietjie kind wees wat gladnie bekommerd hoef te wees oor Menstruasie siklusse nie.

Maar wanneer sy al begin knoppies ontwikkel in haar bors, weet dat sy dit oor +- twee jaar kan verwag. Kry solank vir haar 'n Zoë Bederfboks en gesels ten minste deur alles. Pak haar Noodsakkie met als wat in die boks is, en laat sy dit in haar skoolsak bêre.

Tot dan, geniet Kindwees my lyfie!!!

Photos from Zoë Bederfboks's post 11/05/2025

Ek besef nou eers hoe 'n groot kuns dit is....om liefde en genade, grense en dissipline, stilbly en raadgee, ondersteuning en bemoediging, dryf en inoefening, vryheid en beskerming, bederf en strengwees, versorging en selfstandigheid, voorbereiding en leer, keuses en gevolge, ja en nee, EN God in al Sy volheid.....als in die regte balans, op die regte tyd, te gee.

Dis 'n kunswerk wat ons saam met Hom moet verf. Die Een wat haar die beste ken.

Mammas, onthou julle is kosbaar!!!

10/05/2025

Die tweeling en hul Ma het elkeen 'n Zoë Bederfboks gekoop en kan nie WAG om dit saam oop te maak nie!!!!

Dankie dat ons op julle rakke en deel van julle visie mag wees. Niche Kids is so mooi!

22/04/2025

❤️

18/04/2025

Dankie Jesus!! 💜✝️💜

13/04/2025

"The coconut cannot mature faster or slower. It goes in its own time. This suggests that all things will happen in their own course and cannot be hurried by human intervention, the same way that we are subject to God's ordination of time. This is supported by Ecclesiastes 3:1–8 and Mark 1:15, that says that there is a time for everything."

Hou jou oë op Hom.
Want op die regte tyd sal Hy.....Aan jou verskyn. Met jou praat. Deurkom. Sy arms om jou vou om jou te troos. Jou red uit 'n situasie (soos die tronk stories in die Bybel). Jou versterk. Saam met jou juig oor 'n oorwinning. Jou vul met nuwe lewe en asem. Terugkom vir elkeen van ons wat op Hom wag.

Hoe hou ek my oë op 'n onsigbare God? Gebruik die hemelse "www" 💕 en soek hier die antwoorde op jou vrae:

🩷WOORD. Lees die Bybel daagliks. Al is dit 5min. Moenie skip nie.
🩷WORSHIP. Dit haal jou uit die visiese realiteit en sit jou in 'n hemelse plek voor Sy troon. Niks op aarde maak dan meer saak nie, want jy staan en sing voor Hom!!
🩷WAARHEID. Dit kom net van God uit Sy Woord. Sit Satan en sy leuens onder jou voete en sit Sy Woorde van Waarheid oor jou en jou toekoms in jou gedagtes.

🌴🥥

09/04/2025

"Hi M**s, raai wat! Vandag het ek 'n nuwe maatjie gemaak en sy laat my lekker voel. Ek kan myself wees, en ons lag uit ons maag uit vir mekaar se grappies. Sy is ook lief vir Jesus, en ons het soveel ander goed in gemeen. Maar Mamma, wat as........?"

Ons almal wil hê ons dogters moet 'n oop en gemaklike verhouding met ons hê. En dit begin in die alledaagse. Waar ons haar vertrou, glo, help, aanmoedig, toevou met ons groter lyf. Sodat ons eendag ook oor Menstruasie of babas kry of verhoudings kan gesels.

Gelukkig gee God ons die nodige riglyne om hierdie kleine mensies groot te maak dat hulle Hom en Sy weë kies. Maar ek besef elke dag ook hoe nodig ons Hom het om dit reg te kry. Daar is tye waar die vragies onkant kom....vrae wat vroeër kom as wat ek gedink het, of vrae waaroor ek self nog nie eers gedink het nie.

Onthou, jy is 'n goeie Mamma.
God het JOU gekies om haar Ma te wees.

As jy iets soek om die gesprek oor Menstruasie te vergemaklik, kyk na ons Bederfboks - dit is aanlyn beskikbaar by zoeboks.co.za

Want your business to be the top-listed Beauty Salon in Pretoria East?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Telephone

Address


Pretoria East

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 13:00