Touch Of Lavender Studio
🇿🇦 Nail artist 💅
PMU- @jolene_pmu_pretoria
based in MontanaPark, Pretoria
📞 0813941293
05/06/2026
So het ek Disndag na 4 weke se kraam verlof begin werk ...
1ste daggie recap 💙
Boetie Boud het my behoorlik deur die vuurdoop gesit met my heel eerste afspraak terug by die werk! 🤣
Ek is seker hy wou net vir my in die oog kyk en sê: "Mamma, wees rustig. Alles gaan uitwerk. Jou kliënte is oulik en hulle sal verstaan." 😅
Net voor my kliënt opdaag, drink hy sy melkies en raak heerlik aan die slaap. So 15 minute in die afspraak besluit meneer toe hy is nie meer so gelukkig nie, en ek sit hom in sy wrap op my bors. Dadelik kalm.
Toe besluit hy egter dis ook die perfekte tyd om my, hom én die wrap behoorlik nat te piepie. 🤣🙈
Ek ruil vinnig sy doek en klere, en toe is hy natuurlik wawyd wakker en soek weer melkies. Gelukkig het ek vroeër borsmelk uitgepomp. Ek maak dit warm en sit hom in sy wiegstoeltjie waar hy heel tevrede lê en drink.
Maar nee... die avontuur was nog nie verby nie! Daai "windjie" was toe nie net 'n windjie nie, maar die grootste blowout-doek wat ons nóg gehad het! 😂 Ek d**k 'n hele pak wet wipes het verdwyn. Arme Christine het net rustig die wipes aangegee terwyl ek die situasie probeer beredder. Haar reaksie? "Nee man, wees rustig, ek ken die alte goed!" 🤣
Gelukkig was sy ongelooflik geduldig en verstaanbaar, en ek het uiteindelik net so 30 minute langer geneem met al die op-en-af.
Dit wys maar net weer: die lewe met 'n newborn is onvoorspelbaar, chaoties, soms morsig, maar elke oomblik is die moeite werd. 💙
Dankie aan al my kliënte wat my ondersteun terwyl ek hierdie nuwe hoofstuk van werkende mamma navigeer. Julle is goud werd! ✨🥹💕
Dalk die 1ste.. ma beslis nie die laaste nie...🤣
02/06/2026
✨ Sagte oomblikke, tydlose herinneringe. ✨
🥰@ Janika Louw
💄 Makeup en hare deur my gedoen.
📸 Fotografie deur Leone Stoltz
Dit is altyd 'n voorreg om deel te wees van iemand se mooiste herinneringe en hulle natuurlike skoonheid te laat straal. 🤍🌸
💕
02/06/2026
23/04/2026
Pink Frenchies with 3D encapsulated roses… beauty sealed in every layer 🌹💗✨
23/04/2026
Turning classic French into a floral moment with one stroke flowers 💜✨
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Contact the business
Telephone
Website
Address
Montana Park
Pretoria
0182
Opening Hours
| Tuesday | 08:00 - 18:00 |
| Wednesday | 08:00 - 06:00 |
| Thursday | 08:00 - 06:00 |
| Friday | 08:00 - 17:00 |
| Saturday | 08:00 - 14:00 |
