Springbok Haarkapper - since 1968

Springbok Haarkapper - since 1968

Share

Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Springbok Haarkapper - since 1968, 254 Beyers Naude, Rustenburg.

09/04/2026

My broer, Nico Fourie, en sy seun, Richo Fourie, is trots om hulle dienste aan die publiek beskikbaar te stel. Hulle is self aktief betrokke by elke projek. Hulle staan nie terug en kyk hoe die werk gedoen word nie – hulle werk self hard saam. Geen werk is te klein of te groot nie! Skakel hulle gerus. 👇🏻

Photos from Springbok Haarkapper - since 1968's post 28/01/2026

My droom vir Springbok Haarkapper was en is nog altyd dat dit ‘n plek sal wees waar elke werknemer hulleself sal kan uitleef as die persoon wie God hulle geskape het om te wees. Die salon is ‘n spasie waar ons mekaar respekteer en mekaar met liefde hanteer. Ons reik uit na mekaar, dra mekaar se laste, deel in mekaar se vreugdes en ons moedig mekaar aan in alle omstandighede. Dis ‘n salon waar ons steef om Jesus se liefde teenoor mekaar en teenoor wlke kliënt uit te leef. Toe my pa in 2012 aftree en ek alleen in Springbok Haarkapper staan het ek vir die Here gesê my hartsbegeerte is dat hierdie nie net ‘n salon sal wees waar mense kom hare sny nie. Maar dat dit ‘n bediening sal wees. Waar mense Jesus se vrede, liefde, vriendelikheid en omgee sal ervaar. Waar kliënte en werknemers wat gebroke is en seer het genesing kan ontvang en heel word. Elke jaar het die Here iets nuuts kom doen binne in my hart en in die salon. Vandag staan ek nederig en dankbaar voor die Here dat Hy hierdie eenvoudige Barber geneem het en mense bymekaar bring en lewens aanraak. Ons leef in tye waar die lewe moeilik, onregverdig, wreed, swaar en donker is. Ek dank die Here dat ek vir elke werknemer binne in die salon kan bid en vir elke kliënt wat by hierdie salon se deur instap. Ek dank die Here dat Hy in ons en deur ons sy liefde laat vloei. Elke goeie gawe, kom uit die Vader se hand. Daarom wil ek vandag alle eer aan die Here Jesus Christus gee, wat in ons lewens in kom en wat ons almal saam bring binne in hierdie salon, om ons te seën. Mag u die reikdom van God se liefde en die omgee ervaar wanneer u Springbok Haarkapper besoek. Bid asb saam met ons dat die Here die salon nog meer sal gebruik vir Sy wil en eer.

Ek is lief en dankbaar vir elkeen van hierdie dames wat die Here bygevoeg het by hierdie span hier by Springbok Haarkapper.

Ek is dankbaar en waardeer elke kliënt se ondersteuning, omgee en liefde teenoor die salon.

Mag u elkeen God se vrede ervaar!

Madeleine

Springbok Haarkapper
(Eienaar)

28/01/2026

Moenie verder soek nie!! Reeds 2 jaar beskikbaar binne in Springbok Haarkapper -

@ Beautiful Health sal Ananda & Stephanie jou help met al jou Skincare Health & Slimming.

Skakel 0760758022.

28/01/2026

Jy kan nou ook jou naels hier binne in Springbok Haarkapper kan doen.

Celeste is ‘n sprankelende bondeltjie lewe wat lief is vir wat sy doen.

Nie net is haar kwaliteit diens van hoog staande gehalte nie maar elke kliënt se veiligheid en gesonde naels is vir Celeste eerste prioriteit. Daarom stap elke kliënt in waar ALLES gesteriliseerde is.

Kom omdersteun Celeste en maak jou volgende nael afspraak - skakel 0727774702.

28/01/2026

Welkom by die Springbok Haarkapper span Audrey!! 🎉

Audrey is ‘n algemene werker by die salon. Sy antwoord die telefoon en help om die salon ten alle tye skoon en netjies te hou. Ons is dankbaar vir haar hande!

28/01/2026

Christelle is die geliefde tannie onder die kinders maar ook onder die kliënte van Springbok Haarkapper se Barber afdeling. Christelle dankie dat jy al 11 jaar deel is van die Springbok Haarkapper span.

Christelle is ook die Bestuurderes van Springbok Haarkapper.

By die Barber afdeling kan u net instap. Ons werk nie op afsprake vir mans en seuns nie.

Jy sal nooit weer op ‘n ander plek gaan sny nie!!

28/01/2026

Ons student wat binnekort kwalifiseer! Ons almal het iewers in die lewe onder begin. Ons is trots op Catelind wat baie goed vorder onder die toesig en leiding van Antoinette.

Kom ondersteun ook vir Catelind!

Skakel 0100207709 om jou afspraak by Catelind te maak.

28/01/2026

Ons vier Antoinette wat 5 jaar deel is van die Springbok Haarkapper span! 🥳🎉

Anotionette is geliefd onder haar kliënte.
Is jy opsoek na iemand wat wonders kan doen met jou hare…

Skakel 0100207709 om jou afspraak by Antoinette te maak!

28/01/2026

Welkom by die Springbok Haarkapper span Charlize!! 🎉🥳

Charlize is ‘n professionele haarkapster. Sy is uiters bekwaam in haar beroep. Haar sagte karakter en sterk werksetiek maak vannhaar ‘n groot aanwins vir ons kliënte.

Skakel 0100207709 om jou afspraak te maak by Charlize!

Photos from Springbok Haarkapper - since 1968's post 13/01/2026

‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️
⚠️Werksgeleentheid by Springbok Haarkapper!!!
‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️
Help ons asb om die woord te versprei deur die Post te “Share” en dalk ken jy iemand.

Photos from Springbok Haarkapper - since 1968's post 10/01/2026

Ek kan nie stil bly oor die Goedheid van die Here nie. Vanoggend kon ek nie die trane keer nie. Dit was nie een nie maar soveel wat vanoggend hier in die salon gebeur het. Ek prys die Here. Ek dank die Here vir wat Hy in en deur hierdie salon doen.

So kom sit Ivan Schutte (man met rooi h**p) op my stoel vanoggend. Ek weet Ivan sny al baie jare by ons hare, maar ek het nie geweet hoe lank nie. Hy vertel my dat hy in 1964 gebore is en as 4 jarige seuntjie by my pa begin hare sny het. Dit beteken hy sny al 58 jaar by ons hare. Hy het vandat my pa die salon in 1968 op 21 jarige ouderdom geopen het by my pa begin sny. Hy het op hierdie selfde plank gesit wat ek vandag nog gebruik. Ivan is nie die enigste persoon wat al so lank by ons sny nie. Maar dit is nie al nie. Janet, Ivan se vrou deel my mee dat Ivan sukkel met bloedsomloop in sy bene. Die helfte van sy linker voet is al geamputeer. Hulle het nie geld vir prostese. So het hy toe geval omdat sy skoen vasgehak het en sy linker skouer gebreek. Operasies is gedoen aan die skouer maar hy kan dit nie meer gebruik nie. Nou het ‘n toon aan sy regter voet begin swart word. Die dokters gaan dit moontlik in hierdie week ook amputeer. Ek hoor in my gees hoe die Here dit op my hart druk om deur my salon fondse in te samel sodat ons vir Ivan se linker voet ‘n prostese kan laat maak. Ivan en sy vrou is uit by die deur.

Toe kom sit oom Johan van Rooyen op my stoel. (Man in blou h**p) en hy vertel my dat hy al van 1976 by my pa begin hare sny het. Hoe kosbaar is dit nie om nog steeds my pa se kliënte te bedien. Hulle is so na aan my hart.

Intussen kom daar ‘n paar bejaarde dames in wat by Christelle sny. Maar daar kom ook ‘n man en sy vrou in wat ek nog nie ontmoet het nie. (Hy wil anoniem bly.) Eers twyfel hy om by my te sit vir ‘n haar sny want hy sny altyd by Christelle. Terwyl hy sit en wag vir Christelle sien hy hierdie bejaarde dames wat by Christelle sny. Sy hart gaan uit na hulle en hy besluit om vir vier van die dames te betaal, sonder dat hulle weet wie vir hulle betaal het. Terwyl hy sit en sien hoe ek ‘n paar mans se hare sny en Christelle hom vertel dat ek die eienaar is besluit hy om by my te kom sit. Ons begin gesels. Hy self loop met ‘n prostese. Sy regter been is per ongeluk ‘n jaar terug deur sy vriend met ‘n haelgeweer afgeskiet toe die haelgeweer uit sy vriend sy hand geval het en die koot afgegaan het. Ek vertel hom van Ivan wat vroeër vanoggend by my hare gesny het wat nie geld het vir ‘n prostese en dat ek hom wil help. Hy sê net daar vir my, “Nee. Ek gaan vir hom betaal vir die prostese.”

Vanmiddag kom Lighthouse Kinderhuis van hulle seun bring vir ‘n haarsny. Ons doen dit altyd verniet vir hulle om hulle ook op so manier te help. Ons koop gewoontlik vir hulle lekker, chips en ‘n koeldrankie. So hoor ‘n kliënt vanoggend wat ons doen en hy en sy vrou sê, “Ons gaan gou ry en lekkers, chips en koeldrank koop vir die kinder” So kon ons vanmiddag die kinder seën met ‘n haarsny en ‘n pakkie.

Ek het nie woorde nie. Ek sê net dankie Here. U lewe. U weet. U voorsien. U is goed.

Baie dankie vir Springbok Haarkapper se kliënte wat harte van goud het. Wat omgee en lief is vir hul medemens. Ek dank die Here dat hy hierdie salon gebruik waar ons mekaar kan versorg en versterk.

Alle eer aan Jesus Christus.

This is my prayer:
Our Father in heaven,
hallowed be your name,
your kingdom come in Springbok Haarkapper
your will be done,
in Springbok Haarkapper as it is in heaven.

Want your business to be the top-listed Beauty Salon in Rustenburg?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Telephone

Website

Address


254 Beyers Naude
Rustenburg
0299

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00
Saturday 08:00 - 13:00