Women Who Pause

Women Who Pause

Share

Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Women Who Pause, Health/Beauty, Stellenbosch.

Photos from Women Who Pause's post 14/02/2026

Gelukkige Valentynsdag! Stop ‘n oomblik en luister na jou hart.

Stuur hierdie vir ‘n vriendin, of ‘tag’/merk iemand in die ‘comments’ om ons hart aftiklysie te ontvang.

18/10/2025

GeDeELdE vreugde saam met ‘n klomp pragtige vroue by die Woordfees die week! Dankie vir almal wat kom saamgesels het - onthou om ‘n epos te stuur na [email protected] vir ‘n komplimentêre kaartjie aan al die Woordfees Kaartjiehouers. Die res van die land wat ook meer oor Menopause wil weet.. kan kaartjies koop by Quicket vir die Zoom aanbieding op 30 Okt om 19:30. Menopause101 - skake in bio

09/10/2025

Dis ‘n voorreg om DeEL te wees van die vanjaar! Kom gesels saam oor: “Menopouse: Gedeede ervaring, ligter reis.” by die Hofmeyrsaal 15:30, komende Dinsdag.

Sien skakel na Woordfeeskaartjies in “Bio”

Photos from Women Who Pause's post 09/10/2025

Ons is bevoorreg om DeEL te wees van die program vanjaar! Daar is nog enkele kaartjies beskikbaar vir “MENOPOUSE: GEDEELDE ERVARING, LIGTER REIS.” 14 Okt 2025 om 15:30 in die Hofmeyrsaal, Stellenbosch.

Skakel na kaartjies in ‘Bio’.

Photos from Women Who Pause's post 14/07/2025

Lukrake bosveld prentjies wat my aan die menopause reis laat d**k het… hoop daar was ‘n pause in jou winter ook.

- dankie dat ek jou middagete kon onderbreek vir ‘n vinnige foto! Ons wag vir ‘n menopause vertoning..

Photos from Women Who Pause's post 11/06/2025

Kom luister saam Donderdagaand..en begin hierdie leefstylaanpassings. Dit maak nie saak waar jy in die menopause reis is nie..en selfs al is jy nog nie daar nie, kan jy reeds ingelig en meer voorbereid wees om gesonder en met ondersteuning deur die oorgangsjare te leef.

“Tag”/merk vyf vriendinne in die “comments”/kommentaar hier onder en ontvang ‘n komplimentêre kaartjie vir Menopause101 Deel2

Photos from Women Who Pause's post 04/06/2025

Herfs stap aan en winter kom groet… dit laat my d**k aan die oorgang van menopause.

Mag dit vir elkeen van julle ook ‘n dans wees..’n ruskans, ‘n pause om aandag aan jou gesondheid en binnekamers te gee, soos Nadine Claassen so mooi skryf in haar digbundel, Loot. (Kan ongelukkig geen ‘tag’ kry om haar erkenning te gee nie, maar koop gerus haar bundel- pragtige illustrasies en diep wyshede)

Photos from Women Who Pause's post 23/05/2025

Aanlyn-aanbieding van Menopause101 (Deel1) komende DONDERDAG 29 Mei 2025 om 20:00 via ZOOM.

Gou spring! Daar is beperkte plekke… en dit is ‘n spesiale afskopaanbieding van R50 pp. Quicket-skakel in bio, of soek op Quicket vir Menopause101.

In Deel 1 (van 2) bespreek ons: WAT IS menopause? En HOE VOEL Menopause? Dit is gemik op vroue tussen 40-60jaar en die aanbieding is in Afrikaans.

Stuur gerus ook aan Afrikaanse vroue wat in ander lande woon! Dit is baie moeiliker om menopause in ‘n ander taal as jou moedertaal deur te gaan ;) en hierdie platform is ook ‘n konneksie met ander vroue. Goeie sosiale konneksie is bewys om beter uitkomste vir menopause welstand te bied.

Photos from Women Who Pause's post 26/04/2025

Menopause…’n tyd om saam met ander vroue te ‘pause’…empatie aan jouself en mekaar te bewys.

Dit was heerlik om Woensdag ‘n klomp pragtige vroue om ons tafels te kon hê. Dankie aan elkeen wat gekom het - ons glo julle sal die ervaring en kennis met ander vroue deel, sodat ons saam-saam gesonder en wyser deur menopause sal kom!

Baie dankie aan vir die pragtige bottels water.

Stel jy belang aan die aanlyn aanbieding van hierdie werkswinkel?

Photos from Women Who Pause's post 12/04/2025

Kom luister saam en bring ‘n vriendin wat kan baatvind. Dit is gemik op vroue tussen 40-60 jaar (maar jy is nooit te jonk of te oud om hieroor te leer nie!)

Bespreek jou kaartjie NOU by Quicket, meer as die helfte van kaartjies reeds uitverkoop. Skakel in ‘Bio’ of soek/‘search’ vir ‘menopause 101’ op Quicket.

*Los ‘n boodskap in ‘comments’ as jy belangstel in ‘n aanlyn weergawe van hierdie praatjie.

Want your business to be the top-listed Beauty Salon in Stellenbosch?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Website

Address


Stellenbosch